Die Lock Down was, en die nagevolge daarvan is nogsteeds, vir ons ‘n moeilike tyd. Maar nie net vir ons nie – vir ons kinders ook. Daarom het Mastering It, saam met Mariska Knoetze, dit goed gedink om ‘n werkswinkel reeks bymekaar te sit sodat ons ouers in hierdie tyd kan bemoedig.
Ons wil julle graag aanmoedig dat soos julle deur die videos werk, dat julle beginsels daaruit sal vat wat julle prakties sal inwerk in julle eie roetines. In elke video is daar verskillende kwessies en bekommernisse waarna Mariska kyk en aanspreek. Sy het die inhoud van hierdie reeks bymekaar gesit met hulp van ander kundiges – onderwysers, ouers, en beraders. Mariska is self ‘n voltydse Mamma, Onderwyseres, Narratiewe Berader en Beroepskonsultant.
Sou julle verder deur die werkswinkel materiaal wou werk, het ons ook e-books beskikbaar wat hierdie Werkswinkel reeks komplementeer. Kontak ons gerus vir bestellings – maryke@masteringit.co.za.
Een-tot-een sessies kan ook geboek word met myself, Maryke Jooste, of Mariska Knoetze, vir enige tipe coaching of ander dienste wat Mastering It bied.
Besoek ons webwerf gerus – www.masteringit.co.za
Ons hoor graag van julle!